2 “Job, jy moet gereedmaak,jy moenie bang wees nie.Ek sal vra, en jy moet my antwoord.
3 Wil jy regtig sê dat Ek verkeerd is,wil jy sê dat Ek skuldig is en dat jy onskuldig is?
4 Is jy so sterk soos God?Kan jy soos God die donderweerlaat raas en dreun?
5 As jy dit kan doen,wys dan dat jy ook ’n koning is,dat jy sterk is en dat almaljou moet respekteer.
6 Wys hoe kwaad jy is,kyk na elke mens wat hoogmoedig is,en verneder hom.
7 Kyk na elke mens wat hoogmoedig is,en verneder hom, trap die menswat verkeerd doen, plat,trap hom daar waar hy staan.
8 Begrawe hulle in die grond,sluit hulle toe in die doderyk.