20 Wanneer die kos min is,dan sal Hy keer sodat jy nie sterf nie.Wanneer daar oorlog is,dan sal hy keer sodat vyandenie vir jou doodmaak nie.
21 Hy sal jou beskerm wanneer mensesleg praat van jou,jy sal nie bang weeswanneer dit gevaarlik is nie.
22 Wanneer dit gevaarlik is,en daar is hongersnood,dan sal jy lag,jy sal nie bang wees vir die wilde diere nie.
23 Die klippe in die veld sal jou nie seermaak nie,die wilde diere sal jou nie pla nie.
24 Jy sal weet dat jy veilig is in jou tent,jy sal sien dat niks weg is wanneer jyna jou weiveld kyk nie.
25 Jy sal weet dat jy ’n groot nageslag het,jou afstammelinge sal so baie weessoos die gras in die veld.
26 Jy sal sterf en in die graf komná ’n gelukkige lewe,jy sal soos ’n koring-gerfna die dorsvloer gaanwanneer dit die regte tyd is.