3 Ek het self gesien dat dit begin goed gaanmet ’n dwaas,maar dan het ek dadelik gesêdat dit sleg sal gaan met sy huisgesin.
4 Dit gaan nooit goedmet ’n dwaas se kinders nie,mense doen nie reg aan hulle nie,en daar is niemand wat hulle red nie.
5 Mense wat honger en dors is,eet die koring wat die dwaas afsny,hulle haal die koring uit tussen die dorings,hulle probeer alles vat wat die dwaas het.
6 Dit is nie die stof of die grondwat dit sleg laat gaan en wat menselaat swaarkry nie,
7 nee, mense word geboreom swaar te kry,hulle lewe is gou verby,dit is soos vuurvlamme wat gou verdwyn.
8 Maar ek? Ek sal bid tot Godwanneer dit sleg gaan met my,ek sal Hom vra om my te help.
9 Hy doen groot dinge wat onsnie kan verstaan nie,Hy doen wonderwerke,meer as wat ons kan tel.