1 Daarna het Job begin praat. Hy het gesê:
2 “As ek al my swaarkryop ’n weegskaal kan weeg,
3 dan sal dit swaarder wees as die sand by die see.Daarom het ek gepraat voordat ek goed gedink het,
4 want die pyle van die Almagtige is in my,ek drink van die gif van die pyle.God het my baie bang laat word.
5 ’n Wildedonkie balk nie wanneer hygras het om te eet nie,’n bees bulk nie by sy kos nie.
6 ’n Mens eet nie kos sonder sout nie,die wit van ’n eier smaak nie lekker nie.
7 Ek sal dit nie eet nie,dit is kos wat my siek sal maak.”