11 Waar sal ek die krag kryom aan te hou lewe?Hoe kan ek aanhou lewe totdatmy tyd daar is om te sterf?
12 Ek is nie so hard soos klip nie,my liggaam is nie gemaak vankoper nie.
13 Nee, ek het niks krag nie,ek kan myself nie help nie.”
14 “As dit vir iemand te swaar isom vir sy vriende te doenwat hy moet doen,dan respekteer hy nie meerdie Almagtige nie.
15 My vriende is ontrou,hulle is soos ’n watersloot.
16 Wanneer die ys en die sneeu smelt,dan vloei die waterstrome,
17 maar wanneer dit warm word,dan vloei die water nie meer nieen die sloot word droog.