24 “Julle moet vir my sê wat ek moet doen,dan sal ek stilbly.Ek wil weet wat ek verkeerdgedoen het,julle moet dit vir my sê.
25 As julle eerlik praat,dan sal ek nie seerkry nie,maar die dinge wat julle vir my sê,beteken niks.
26 Dink julle dat die dinge wat ek sê,verkeerd is?Wil julle nie hoor wat ’n moedelose menssê nie?
27 Julle sal lootjies trek oor ’n weeskind,julle sal julle vriend verkoop.
28 Maar kyk nou in my oë,ek sal nie vir julle lieg nie.
29 Julle moet asseblief ophouom my te beskuldig,julle moet ophou,ek het nog altyd reg gedoen.
30 Het ek verkeerde dinge gesê?Dink julle ek het nog nieswaargekry nie?”