1 “’n Mens moet hard werk op die aarde,sy dae is so lank soos ’n dagloner se dae.
2 ’n Mens is soos ’n slaaf wat wensdat hy in die skaduwee kan kom,hy wag vir sy beloning, soos ’n dagloner.
3 So het God vir my ook maandeen nagte lank laat swaarkry.
4 Wanneer ek gaan lê, dan vra ek:‘Wanneer kan ek opstaan?’Maar die nag is lank, en ek hou aanom rond te rol totdat dit lig word.
5 My hele liggaam is vol wurms en stof,my vel bars, en die vuil bloed vloei daaruit.
6 My dae gaan vinniger verby as ’n wewerspoel,my lewe is amper verby, ek kan niks hoop nie.
7 Onthou, my lewe is soos die wind,dit sal nie weer goed gaan met my nie.