8 Die oë wat my nou sien,sal my nie weer sien nie.Terwyl julle kyk na my,sal ek skielik nie meer daar wees nie.”
9 “’n Wolk word kleiner en dit verdwyn.So verdwyn iemand wat sterf,hy kom nie op uit die doderyk nie.
10 Hy kom nie terug na sy huis nie,die mense van sy woonplekonthou hom nie meer nie.
11 Daarom kan ek nie my mond houen stilbly nie,ek moet praat, want ek kry swaar.Ek moet kla, want dit gaan sleg met my.
12 Is ek regtig so gevaarlik soos die seeof soos ’n watermonster?Ek vra dit, want U staan wag by my.
13 Wanneer ek dink dat dit betersal gaan met my as ek op my bed gaan lê,en dat ek dan nie so sleg sal voel nie,
14 dan laat U my skrikvir die dinge wat ek droom,dan laat U my bang wordvir die dinge wat ek sienwanneer ek droom.