1 Die Here het met Joël gepraat. Joël was die seun van Petuel.
2 Julle wat leiers is, moet luister,julle almal wat in die land woon,moet hoor wat die Here sê.Die dinge wat nou gebeur,het nog nooit voorheen gebeur nie.
3 Julle moet ditvir julle kinders vertel,en julle kinders moet ditvir hulle kinders vertel,en hulle kinders moet ditook vir hulle kinders vertel.
4 Daar het baie sprinkane gekom,hulle het vier maal gekom,en elke maal het hulleal die plante opgevreet.
5 Die mense wat altyd dronk is,moet nou wakker word en huil.Almal wat lief is vir wyn, moet huil,want daar is niks wynom te drink nie.
6 Die sprinkane was soos soldatewat sterk en baie is.Hulle het die land aangeval,hulle het tande en kakebenesoos leeus.
7 Hulle het die vyebomekaal gevreeten hulle het ook die wingerde verwoes.Hulle het die bome se basafgevreet en uitgespoeg,die takke is kaal.