12 Die wingerde en die vyebomeis droog en dood,en ook die granaatbome,die palmbomeen die appelbome.Al die bome is droog en dood.Daar is niks waaroor die mensebly kan wees nie.
13 Die priesterswat by die altaar werk,moet rouklere aantrek,hulle moet huil en treur.Hierdie mensewat vir my God werk,moet rouklere aantrekook wanneer hulle gaan slaap,want daar is nie koring-offersen drank-offers in die tempelvan hulle God nie.
14 Hulle moet ’n dagaan die Here wyen almal moetop daardie dag vas.Hulle moet die leiersen almal wat in die land woon,bymekaarmaak in die tempelvan hulle God die Here,en dan moet hullevir die Here vra om hulle te help.
15 Die dag van die Here is naby.Dit is ’n dag wanneer almalbang sal wees!Die Almagtige Godwil alles verwoes.
16 Ons sien daar is niksom te eet nie.Niemand is bly in die tempelvan ons God nie,niemand juig nie.
17 Die koringsaad lê nogonder die droë grond,die stoorkamers is leeg,die plekke waar ons koring bêre,val inmekaar,want daar is nie koring nie.
18 Die beeste bulk en raas,hulle loop oral rond,want daar is niks om te vreet nie.Die skape en bokke kry ook swaar.