4 Daar het baie sprinkane gekom,hulle het vier maal gekom,en elke maal het hulleal die plante opgevreet.
5 Die mense wat altyd dronk is,moet nou wakker word en huil.Almal wat lief is vir wyn, moet huil,want daar is niks wynom te drink nie.
6 Die sprinkane was soos soldatewat sterk en baie is.Hulle het die land aangeval,hulle het tande en kakebenesoos leeus.
7 Hulle het die vyebomekaal gevreeten hulle het ook die wingerde verwoes.Hulle het die bome se basafgevreet en uitgespoeg,die takke is kaal.
8 Julle moet treur.Julle moet huilsoos ’n jong meisie wat treuromdat haar verloofde dood is.
9 Daar is nie koring-offersen drank-offersby die tempelvan die Here nie.Daarom treur die priesterswat vir die Here werk.
10 Daar groei niksop die koringland nie,die grond is droog.Daar is niks koring nie,die druiwe is droog en dood,en ook die olywe.