19 Die Here het vir sy volk gesê:“Ek stuur vir julleal die koring en wynen olyf-olie wat julle nodig het.Ek sal julle help.Die ander volke sal jullenie weer spot nie.
20 Die sprinkane het julle aangevalsoos julle vyandewat altyd van die noorde kom.Maar Ek sal die sprinkane wegvat,ver weg van julle.Ek sal hulle wegjaagna ’n droë land.Niks kan daar lewe nie.Die sprinkane wat voor is,sal in die Dooie See val,en die sprinkane wat agter is,sal in die Middellandse See val.Hulle sal vrek en stink.”Die Here sal’n wonderwerk doen.
21 Die mense van die landmoenie bang wees nie,hulle moet bly wees en juig,want die Here sal’n wonderwerk doen.
22 Die diere moenie bang wees nie,want die veld waar die diere wei,sal groen word.Die bome sal vrugte kry,daar sal baie vyeen druiwe wees.
23 En julle, mense van Jerusalem,julle moet juig,julle moet bly weesoor julle God die Here,want Hy gee vir julle reënop die regte tyd,Hy gee reën vroeg in die jaaren ook laat in die jaar,soos Hy voorheen gedoen het.
24 Die dorsvloeresal vol koring wees,daar sal baie wyn en olyf-oliein die parskuipe wees.
25 Die Here sê:“Ek het vier maal sprinkanena julle toe gestuur,die sprinkane was my soldateen hulle was baie.Maar nou sal ditweer goed gaan met julle.