21 Die mense van die landmoenie bang wees nie,hulle moet bly wees en juig,want die Here sal’n wonderwerk doen.
22 Die diere moenie bang wees nie,want die veld waar die diere wei,sal groen word.Die bome sal vrugte kry,daar sal baie vyeen druiwe wees.
23 En julle, mense van Jerusalem,julle moet juig,julle moet bly weesoor julle God die Here,want Hy gee vir julle reënop die regte tyd,Hy gee reën vroeg in die jaaren ook laat in die jaar,soos Hy voorheen gedoen het.
24 Die dorsvloeresal vol koring wees,daar sal baie wyn en olyf-oliein die parskuipe wees.
25 Die Here sê:“Ek het vier maal sprinkanena julle toe gestuur,die sprinkane was my soldateen hulle was baie.Maar nou sal ditweer goed gaan met julle.
26 Julle sal baie kos hê,meer as wat julle kan eet.Julle sal die Naamvan julle God die Here prys.Ek sal vir julle wonderwerke doen,en die ander volke sal my volknooit weer spot nie.
27 Julle sal weetdat Ek by die Israeliete is,Ek is julle God die Here,daar is nie ’n ander God nie.Die ander volke sal nooit weermy volk spot nie.”