14 Hulle het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, U moet ons asseblief nie laat sterf omdat hierdie een man verkeerd gedoen het nie. Help ons ook dat ons nie iemand doodmaak wat onskuldig is nie. U is die Here, U kan doen wat U wil doen.”
15 Hulle het Jona opgetel en hulle het hom in die see gegooi. Toe het die see kalm geword en die branders was nie meer groot nie.
16 Die matrose het baie bang geword vir die Here. Hulle het vir die Here ’n offer gebring en hulle het belowe om nog meer offers vir die Here te gee.
17 Die Here het ’n groot vis gestuur om vir Jona in te sluk. Jona was drie dae en drie nagte binne-in die vis.