1 Jona was binne-in die vis en toe het hy tot sy God die Here gebid.
2 Hy het gesê:“Here, dit het sleg gegaan met my,en toe het ek tot U gebid.U het my gehoor en U het my gehelp.Ek was amper dooden ek het geroepen gevra dat U my moet help.U het my gehoor.
3 U het my in die diep water gegooi,in die diepste plek van die see.Daar was water bo-oor my.U het groot branders gestuur,en die water het oor my gespoel.
4 Ek het gedinkU het my weggegooi,U wil my nie meer sien nie.Maar ek sal weeru gewyde tempel sien.