57 Die dag toe ek geskree het,het U nader gekom en U het gesê:“Jy moenie bang wees nie.”
58 Here, U het vir my gevegteen die mense wat my beskuldig het.U het my lewe gered.
59 Here, U het gesien dat menseverkeerde dinge aan my gedoen het.U moet oordeel,U moet sê dat ek nie verkeerd gedoen het nie.
60 U het alles gesien wat hullemet my wou doen.U weet van hulle planne teen my.
61 Here, U het gehoor hoe hulle my spot,U weet van al hulle planne teen my.
62 U weet hoe my vyande teen my praat,hulle fluister die hele dag oor my.
63 U moet hoor, hulle sing en spot my.Hulle doen dit wanneer hulle siten wanneer hulle staan.