6 Die Here sê:“Ek sal Samariaheeltemal verwoes.Mense sal wingerde plantwaar die stad was.Ek sal Samaria se geboue afbreek.Daar sal net ’n paar klippe oorbly.
7 Die vyande sal die beeldein Samaria stukkend slaanen hulle sal die presente verbrandwat die mense na die tempelgebring het.Dit was presentevir tempel-prostitute,en die vyande sal dit gebruikom ander tempel-prostitutete betaal.”
8 Ek, Miga, sal hartseer wees en treurwanneer die vyande Samaria verwoes,ek sal kaalvoet loopen my klere uittrek.Ek sal skree soos ’n jakkals,en kla soos ’n volstruis.
9 Dit gaan baie sleg met Samaria.Dit gaan nou ook sleg met Judahier in Jerusalemwaar my volk woon.
10 Moenie vir die mense van die stad Gatdaarvan vertel nie,moenie daaroor huil nie.Gaan lê in die stof in die stad Bet-Leafra.
11 Kom uit julle stad,mense van die stad Safir.Die vyande vang julleen vat julle weg.Die mense van die stad Saänankom kaal uit hulle stad.Die mense van die stad Bet-Esel treuroor hulle mense wat dood is,die vyande het hulle stad verwoes.
12 Die mense van die stad Marothet gedink dit sal goed gaan,maar die Here het dit sleg laat gaanmet die stad Jerusalem.