3 Julle eet hulle vleisen julle slag hulle vel af.Julle kap hulle bene stukkend,julle sny hulle vleis soos ’n mensvleis sny om dit te kook.
4 Dan roep julle na die Hereen julle vra dat Hy julle moet help,maar Hy antwoord julle nie.Hy wil nie luister na julle nie,want julle het verkeerd gedoen.
5 Die Here sê vir die profete wat sy volk bedrieg:“Wanneer mense vir julle kos gee,dan sê julle daar sal vrede wees,en wanneer hullenie vir julle kos gee nie,dan sê julle daar sal oorlog kom.”
6 Daarom sal dit nag word vir julle.Die Here sal nie vir julle wyswat sal gebeur nie.Die son sal ondergaanvir die profete.Dit sal donker word vir hulle.
7 Die profete dink hulle weetwat sal gebeur,maar hulle sal nie weetwat om te sê nie,want God sal niemet hulle praat nie.
8 Net ek, Miga, is sterk.Die Gees van die Herehet my sterk gemaak.Ek weet wat is reg,en ek is nie bangom vir die Israeliete te sêdat hulle sonde gedoen het nie.
9 Leiers van die Israeliete,julle moet luister!Julle dink dit is nie belangrikom reg te doen nie,julle dink dit is regom verkeerd te doen.