8 Net ek, Miga, is sterk.Die Gees van die Herehet my sterk gemaak.Ek weet wat is reg,en ek is nie bangom vir die Israeliete te sêdat hulle sonde gedoen het nie.
9 Leiers van die Israeliete,julle moet luister!Julle dink dit is nie belangrikom reg te doen nie,julle dink dit is regom verkeerd te doen.
10 Die hele Jerusalemis vol moordenaarsen mense wat verkeerd doen.Dit is julle skuld.
11 Die leiers wat moet sê wat reg is,vra geld om dit te doen.Die profete wat moet sêwat sal gebeur,vra geld om dit te doen.Julle doen nie reg nie, maar julle sêdie Here is by julle.Julle sê Hy sal ditgoed laat gaan met julle.
12 Omdat julle dit doen,sal die vyande Jerusalem omploegsoos ’n mens’n stuk grond omploeg.Hulle sal Jerusalem verwoes,en die bergwaar die tempel nou staan,sal vol bosse wees.