3 “Die Here sal die regter weestussen die volkeen Hy sal die sterk volkevrede laat maak met mekaar,die volke wat naby isen die volke wat ver is.Dan sal die volke hulle swaardeen spiese smelten hulle sal skerp ysters maakom te ploegen messe om bome se takke af te sny.Die volke sal nie weer oorlog maak teen mekaar nieen hulle sal ook nie leerom oorlog te maak nie.
4 Elke Israeliet sal ondersy eie wingerdstokof onder sy eie vyeboom sit.Die Israeliete sal vir niemandbang wees nie.Die Here het dit gesê,Hy regeer oor alles.
5 Ja, elke volk lewesoos sy god wil hê,maar ons sal altyd lewesoos ons God wil hê.”
6 Julle sê die Here sê:“Daardie dag sal Ekmy skape bymekaarmaak.Hulle pote is seer,die vyande het hulle weggejaagna al die kante toe,want Ek het my volk gestraf.
7 Ek sal my skape terugbring,my skape wat oorgebly het.Ek het my volk weggejaag,maar Ek sal hulle terugbringen Ek sal hulle weer ’n sterk volk maak.Ek sal self op Sionsbergoor hulle regeer, vir altyd.
8 En soos voorheen sal daar weer’n koning in Jerusalem wees,en hy sal kykdat dit goed gaan met my volk.”
9 Jerusalem, hoekom skree jy?Hoekom kry jy seersoos ’n vrou wat ’n kind kry?Is jou koning weg?Is die mense wegwat vir jou moet sêwat om te doen?