1 Maar uit die klein stadjieBetlehem in Efratasal weer iemand komwat koning sal wordvan die Israeliete.Sy familie is nie ’n belangrike familiein die land Juda nie,maar sy familie woon al lankin die land.
2 Die Here sal sy mense’n kort tyd los,so lank soos dit ’n vrou neemom ’n baba te kry.Maar dan sal die mensewat nog lewe van die familie,terugkom na die Israeliete toe.
3 Die nuwe koning sal komen hy sal sy volk lei.Die Here sal hom help,die Here sal hom sterk maaksodat hy sy volk kan lei.Die volk sal oralop die aarde woon,want die nuwe koningsal sterk wees
4 en hy sal vrede bring.Wanneer die Assiriërsteen ons land kom oorlog maaken hulle wilin ons mooi huise ingaan,dan sal ons, die Israeliete,genoeg leiers hêom teen hulle te veg.
5 Ons leiersmet hulle skerp swaardesal die Assiriërs oorwinwat uit die land Nimrod kom.Wanneer hulle in ons land inkomom teen ons te kom veg,dan sal ons nuwe koning ons red.
6 Die Israeliete wat nog lewe,sal wees soos douwat van die Here komna baie volke toe.Hulle sal wees soos goeie reënwat die gras groen laat word.