4 Wanneer Hy met die see raas,dan word die see droog.Hy laat al die riviere droog word.Die plante in Basanen op Karmel-berg word droog.Al die blomme op die Libanon-bergverlep en gaan dood.
5 Die berge skud voor die Here,die heuwels smelt,die wêreld en almalwat op die wêreld woon,skrik wanneer die Here kom.
6 Wie kan voor God staanwanneer Hy kwaad is?Niemand nie.Wanneer God kwaad is,dan is dit soos ’n vuur wat brand.Die rotse breek stukkendvoor Hom.
7 Die Here is goed.Hy help mense wanneer dit sleg gaan met hulleen Hy is bekommerd oor almalwat vra dat Hy hulle moet beskerm.
8 Maar die Here sal die mense van Nineve straf.Dit sal lyk soos wanneer’n sterk stroom waterhulle wegspoel.Hy sal sy vyande jaagtot in donker plekke.
9 Die Here sal die planne stopwat julle teen Hom maak.Sy vyande sal nie weer kom nie.
10 Hulle is soos doringswat inmekaar steek,hulle is dronk van die wynwat hulle drink,maar hulle sal brand soos kaf.