6 Wie kan voor God staanwanneer Hy kwaad is?Niemand nie.Wanneer God kwaad is,dan is dit soos ’n vuur wat brand.Die rotse breek stukkendvoor Hom.
7 Die Here is goed.Hy help mense wanneer dit sleg gaan met hulleen Hy is bekommerd oor almalwat vra dat Hy hulle moet beskerm.
8 Maar die Here sal die mense van Nineve straf.Dit sal lyk soos wanneer’n sterk stroom waterhulle wegspoel.Hy sal sy vyande jaagtot in donker plekke.
9 Die Here sal die planne stopwat julle teen Hom maak.Sy vyande sal nie weer kom nie.
10 Hulle is soos doringswat inmekaar steek,hulle is dronk van die wynwat hulle drink,maar hulle sal brand soos kaf.
11 Daar het iemand uit Nineve gekomwat slegte planneteen die Here gemaak het.Hy wou hê dit moet sleg gaanmet die Israeliete.
12 Die Here sê:“Daar is nou baie soldatein Nineve,en hulle is sterk.Maar hulle sal almalin oorlog sterf.My volk, Ek het julle laat swaarkry,maar Ek sal julle nie weerlaat swaarkry nie.