31 Die Aser-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat gewoon het in die stede Akko, Sidon, Aglab, Aksib, Gelba, Afek en Regob nie.
32 Die Aser-mense het gewoon tussen die Kanaäniete in die land, want hulle het nie die Kanaäniete weggejaag nie.
33 Die Naftali-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat gewoon het in die stede Bet-Semes en Bet-Anat nie, maar die mense van Bet-Semes en Bet-Anat moes swaar werk vir die Naftali-mense.
34 Die Amoriete het die mense van die Dan-stam gekeer, en die Dan-mense kon nie in die valleie inkom nie. Daarom moes die Dan-mense in die berge woon.
35 Die Amoriete wou nie weggaan uit die stede Har-Geres, Ajalon en Saälbim nie. Maar die Josef-stamme het later sterk geword, en toe moes die Amoriete swaar werk vir die Josef-mense.
36 Die grens van die Amoriete se land het begin by Skerpioen-pas, by die rots, en van daar was die grens hoër teen die berg op.