8 Die mense van Juda het oorlog gemaak teen die mense van Jerusalem en hulle het die stad oorwin. Hulle het die mense doodgemaak wat daar gewoon het. Toe het hulle die stad afgebrand.
9 Daarna het die mense van Juda oorlog gemaak teen die Kanaäniete wat gewoon het op die berge en in die Suid-land en die Laeveld.
10 Hulle het ook gaan oorlog maak teen die Kanaäniete wat in die stad Hebron gewoon het. Hebron se naam was voorheen Kirjat-Arba. Daar het hulle vir Sesai, Agiman en Talmai oorwin.
11 Toe het die mense van Juda gaan oorlog maak teen die mense wat in die stad Debir gewoon het. Debir se naam was voorheen Kirjat-Sefer.
12 Kaleb het vir sy soldate gesê: “Die man wat die stad Kirjat-Sefer oorwin en vir ons vat, hy kan met my dogter Aksa trou.”
13 Otniël het die stad oorwin. Hy was die seun van Kaleb se jonger broer Kenas. Kaleb het toe sy dogter Aksa vir Otniël gegee.
14 Die dag toe Aksa met Otniël trou, het sy vir Otniël gesê hy moet vir haar pa ’n stuk grond vra. Maar voordat sy op haar donkie weggery het, het sy self vir Kaleb gewys sy wil vir hom iets vra. Toe Kaleb vir haar vra wat sy wil hê,