1 Ná Abimelek het Tola die Israeliete gered. Hy was die seun van Pua, seun van Dodo, van die Issaskar-stam, en hy het gewoon in die stad Samir in die Efraim-berge.
2 Hy was 23 jaar lank die leier van die Israeliete. Hy het gesterf, en hulle het hom in Samir begrawe.
3 Ná Tola was Jaïr van Gilead 22 jaar lank die leier van die Israeliete.
4 Hy het 30 seuns gehad wat op 30 donkies gery het. Hulle het 30 stede gehad, en die mense noem die stede vandag nog die Jaïr-kampe. Die kampe is in die land Gilead.
5 Jaïr het gesterf, en hulle het hom begrawe in die stad Kamon.
6 Die Israeliete het weer dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hulle het die Baäls en die Astartes gedien en ook die gode van die Arameërs, die Sidoniërs, die Moabiete, die Ammoniete en die Filistyne. Hulle het opgehou om die Here te dien.