14 Gaan bid tot die gode, julle het hulle gekies. Vra vir hulle om julle te red wanneer julle swaarkry.”
15 Die Israeliete het vir die Here gesê: “Ons het sonde gedoen. U kan met ons doen wat U wil doen, maar red ons asseblief vandag.”
16 Die Israeliete het toe die gode van ander volke weggegooi en die Israeliete het die Here gedien. Die Here was weer vir hulle jammer omdat hulle so swaar kry.
17 Die Ammoniete het hulle manne bymekaargeroep en hulle het in Gilead hulle tente opgeslaan. Die Israeliete het ook bymekaargekom en hulle tente opgeslaan in Mispa.
18 Die leiers van die Israeliete in die land Gilead het vir mekaar gesê: “Ons moet iemand kry wat sal begin om teen die Ammoniete oorlog te maak. Hy moet die hoof word van al die mense wat in Gilead woon.”