29 Toe het die Gees van die Here in Jefta gekom, en Jefta het deur Gilead en Manasse gegaan tot by die stad Mispa in Gilead, en van daar het hy na die Ammoniete toe gegaan.
30 Jefta het vir die Here belowe en gesê: “As U my laat wen teen die Ammoniete, en ek lewe nog en ek kom terug by my huis,
31 dan sal die eerste persoon wat by my huis se deur uitkom, aan U behoort. Ek sal hom vir U gee, en hy sal my brand-offer wees.”
32 Daarna het Jefta na die Ammoniete toe gegaan om oorlog te maak teen hulle, en die Here het hom laat wen teen die Ammoniete.
33 Jefta het die Ammoniete oorwin, dit was 20 stede van Aroër tot by Minnit en tot by Abel-Keramim. Jefta het ver gewen. Die Israeliete het die Ammoniete verneder.
34 Toe Jefta terugkom by sy huis in Mispa, was dit sy eie dogter wat eerste uitgekom het om hom te ontmoet. Sy het ’n tamboeryn gespeel en gedans. Hierdie dogter was sy enigste kind.
35 En toe Jefta haar sien, het hy sy klere geskeur en hy het gesê: “My kind, ek is baie hartseer. Jy het ’n slegte ding met my laat gebeur, want ek het vir die Here belowe dat die eerste persoon wat by my huis se deur uitkom om my te ontmoet, aan Hom sal behoort, en nou moet ek doen wat ek belowe het.”