9 Toe sê Jefta vir die leiers van die Gilead-mense: “Goed, as julle wil hê ek moet terugkom om oorlog te maak teen die Ammoniete, en die Here laat my wen teen hulle, dan sal ek julle hoof wees.”
10 Die leiers van die Gilead-mense het vir Jefta gesê: “Die Here hoor wat ons sê, Hy is die getuie. Ons sal doen wat jy sê.”
11 Jefta het saam met die leiers van die Gilead-mense gegaan, en die manne het hom hulle hoof en leier gemaak. Jefta het in die tempel in Mispa belowe hy sal hulle leier wees.
12 Daarna het hy boodskappers gestuur na die koning van die Ammoniete om vir hom te vra: “Wat is die probleem tussen ons? Hoekom het jy gekom om oorlog te maak in my land?”
13 Die koning van die Ammoniete het vir Jefta se boodskappers gesê: “Sê vir Jefta: Ek het gekom om oorlog te maak omdat die Israeliete my land gevat het toe hulle uit Egipte gekom het. Dit is die grond tussen die Arnon-rivier en die Jabbok-rivier tot teen die Jordaan-rivier. Gee die grond terug, dan sal daar vrede wees tussen ons.”
14 Jefta het weer boodskappers gestuur na die koning van die Ammoniete
15 en vir hom gesê: “Die Israeliete het nie die land van die Moabiete en die land van die Ammoniete gevat nie.