11 Die manne van Israel het almal bymekaargekom om teen die stad Gibea oorlog te maak.
12 Maar hulle het eers boodskappers gestuur na al die families in die land Benjamin en gesê: “Daar het ’n slegte ding by julle gebeur.
13 Julle moet nou daardie slegte mense bring wat in Gibea is, sodat ons hulle kan doodmaak. Ons moet hierdie slegte ding wegvat uit die land Israel.”Maar die Benjamin-mense wou nie luister na die ander Israeliete nie.
14 Die Benjamin-mense het uit al die stede by Gibea bymekaargekom om teen die ander Israeliete oorlog te maak.
15 Die Benjamin-mense het 26 000 manne gehad wat kon oorlog maak, en hulle het nog 700 manne gekies uit die mense van Gibea.
16 Van daardie manne was 700 links, maar hulle kon baie goed gooi met ’n slingervel. Hulle kon ’n haar raakgooi, hulle het nie misgegooi nie.
17 Die ander Israeliete het 400 000 manne gehad wat kon oorlog maak, almal was goeie soldate.