3 Hulle het gesê: “Here, God van Israel, hoekom het dit gebeur? Hoekom is daar vandag een stam minder in die volk Israel?”
4 Die volgende dag het hulle vroeg opgestaan en hulle het daar ’n altaar gebou en brand-offers en ete-offers gebring.
5 Die Israeliete het gevra: “Watter Israeliete het nie na die vergadering by die tempel in Mispa gekom nie?”Hulle het in daardie tyd belowe hulle sal almal doodmaak wat nie na die tempel in Mispa kom nie.
6 Hulle was nou jammer oor hulle broers, die Benjamin-mense, en hulle het gesê: “Daar is vandag een stam minder in die volk Israel.
7 Wat kan ons doen sodat die paar van hulle wat oorgebly het, vroue kan kry? Ons het belowe, en die Here was die getuie, ons sal nie ons dogters met hulle laat trou nie.”
8 Daarom het hulle gevra: “Watter Israel-stam het nie na die tempel in Mispa gekom nie?”Niemand uit Jabes-Gilead het na die vergadering gekom nie.
9 Toe die Israeliete die manne tel, het hulle gesien nie een van Jabes-Gilead se mense het gekom nie.