28 en hy het vir hulle gesê: “Hardloop saam met my, want die Here sal julle vandag laat wen teen julle vyande, die Moabiete.”Die Israeliete het saam met Ehud gegaan en hulle het manne laat staan by die driwwe in die Jordaan-rivier tussen die land Israel en die land Moab. Die manne moes keer dat niemand deurgaan nie.
29 Die Israeliete het die Moabiete oorwin en hulle het omtrent 10 000 manne doodgemaak. Die manne was almal vet, en elke man was ’n goeie soldaat.
30 Die Israeliete was van daardie dag af ’n sterker volk as die Moabiete. Daar was 80 jaar lank vrede in die land.
31 Ná Ehud het Samgar die leier geword. Hy was die seun van Anat, en hy het 600 Filistyne doodgemaak met ’n skerp stok. So het hy ook die Israeliete gered.