1 Die Israeliete het weer dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Ná die dood van Ehud
2 het die Here vir koning Jabin van Kanaän gehelp om die Israeliete te oorwin. Koning Jabin se paleis was in die stad Hasor. Sisera was die hoof van sy leër, en hy het gewoon in Garoset-Gojim.
3 Jabin het 900 oorlogkarre van yster gehad, en hy het die Israeliete 20 jaar lank verdruk. Die Israeliete het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help.
4 In daardie tyd was Debora die leier van die Israeliete. Sy was ’n profeet en sy was getroud met Lappidot.