12 Sisera het gehoor Barak het teen Tabor-berg opgegaan.
13 Sisera het sy 900 oorlogkarre van yster en ook al sy soldate uit Garoset-Gojim laat kom na die Kison-rivier.
14 Debora sê toe vir Barak: “Maak oorlog teen hulle, want die Here sal jou vandag laat wen teen Sisera. Onthou, die Here gaan voor jou, Hy sal jou help.”Barak het afgegaan van Tabor-berg, en die 10 000 manne het saam met hom gegaan.
15 Die Here het Sisera en al sy manne op die oorlogkarre en al sy soldate baie groot laat skrik vir Barak. Sisera self het van sy oorlogkar afgespring en gevlug.
16 Barak en sy manne het die oorlogkarre en die leër van Sisera gevolg en gejaag tot by Garoset-Gojim, en hulle het al die soldate doodgemaak, nie een het aangehou lewe nie.
17 Sisera het gehardloop en gevlug na die tent van Jael, die vrou van die Keniet Geber. Daar was vrede tussen die familie van die Keniet Geber en koning Jabin van Hasor.
18 Jael het vir Sisera gaan ontmoet. Sy het vir hom gesê: “Kom, Meneer, kom na my toe. Moenie bang wees nie.”Sisera het na haar tent gekom, en sy het hom laat wegkruip onder ’n kombers.