1 Daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam hierdie lied gesing:
2 “Manne in die land Israelhet gereedgemaakvir die oorlog.Niemand het gesê dat hullemoet kom nie,hulle het self gekom.Prys die Here.
3 Konings en almalwat belangrik is,julle moet luister.Ek wil vir die Here sing,ek wil musiek maak vir die Here,die God van Israel.
4 Here, die aarde het geskud,en daar het water gedrupuit die wolke in die lugtoe U uit die land Seïr gekom het,toe U gekom hetuit die veld van Edom.
5 Ja, die berge het gebewevoor die Herewat van Sinai-berg kom,die berge het gebewevoor die God van Israel.
6 “In die tyd toe Samgarseun van Anat gelewe het,in die tyd van Jael,was dit te gevaarlikom op die paaie te loop,mense moes deur die veld loop.
7 Niemand in die land Israelkon buite die stede woon nietotdat ek, Debora, gekom hetom ’n ma te wees vir Israel.