12 en gesê: ‘Debora,jy moet wakker word,jy moet wakker word,wakker word en sing!Barak, seun van Abinoam,jy moet gereedmaak,jy moet die vyande kom vang.’
13 “Toe het die mense van my volk,die mense wat nog gelewe het,saam met hulle leiers gekom.Die volk van die Herehet na my toe gekomen hulle was almaldapper soldate.
14 Uit Efraim het mense afgekomna die vallei,en saam met hulle was die mensevan Benjamin.Leiers het gekom uit Makiren uit Sebulon.
15 Daar was belangrike mensevan die stam Issaskarby Debora,ja, hulle was saam met Barakin die vallei.Maar die Ruben-mensehet net gesit en dinkby die plekke waar hullevir hulle skape water gee.
16 Hoekom het julle daarby die skaapkrale geblyen aangehou luister na die fluitevan die skaapwagters?Ja, die Ruben-mense het netgesit en dink.
17 Die mense van Gilead hetanderkant die Jordaan-rivier geblyen die mense van Dan,hoekom het hulle by die skepevan ander mense gebly?Die Aser-mense het ook daarlangs die see bly siten nie weggegaanvan die hawe nie.
18 Maar die mense van Sebulonen Naftali was nie bang nie.Hulle het kom wagstaanop die berge van die land.