6 “In die tyd toe Samgarseun van Anat gelewe het,in die tyd van Jael,was dit te gevaarlikom op die paaie te loop,mense moes deur die veld loop.
7 Niemand in die land Israelkon buite die stede woon nietotdat ek, Debora, gekom hetom ’n ma te wees vir Israel.
8 Die volk het ander gode gekies,en die oorlog het begin in die stede.Maar nie een van Israelse duisende soldatehet ’n skild en ’n spies gevatom te veg nie.
9 Ek is bly oor die leiers van Israelen die mense wat selfbesluit het om te kom.Prys die Here!
10 Julle moet hard praaten vir die mense daarvan vertel,elkeen van jullewat op ’n mooi saal sitop ’n bruin donkie,en julle wat op die paaie loop.
11 Die mense wat water skepvir die diere,praat daaroor dat die Heredie vyande oorwin heten dat die mense buite die stedenou weer kan lewe.Die volk van die Herehet na die poorte gekom
12 en gesê: ‘Debora,jy moet wakker word,jy moet wakker word,wakker word en sing!Barak, seun van Abinoam,jy moet gereedmaak,jy moet die vyande kom vang.’