21 Gideon se manne het rondom die kamp gestaan, elkeen op sy plek. Die mense in die kamp het opgespring en geskree en begin hardloop.
22 Toe die manne die 300 ramshorings blaas, het die Midianiete mekaar begin doodmaak. Die Here het hulle dit laat doen. Hulle het gevlug tot by die stad Bet-Sitta naby Serera en tot by die grens van die grond van die stad Abel-Megola by Tabbat.
23 Gideon het nog Israeliete laat roep uit die Naftali-stam en die Aser-stam en uit die hele Manasse-stam. Hulle het gekom en hulle het die Midianiete gevolg en gejaag.
24 Gideon het ook boodskappers gestuur na al die mense van die Efraim-stam in die berge. Hy het gevra hulle moet die Midianiete vang by al die plekke waar water is, tot by die stad Bet-Bara en die Jordaan-rivier. Hulle het gekom en hulle het dit gedoen.
25 Hulle het die twee generaals van die Midianiete gevang. Die generaals se name was Kraai en Wolf. Hulle het vir Kraai doodgemaak by Kraairots, en vir Wolf by die Wolf-parskuip. Nadat hulle klaar die Midianiete gevolg en gejaag het, het hulle Kraai en Wolf se koppe vir Gideon gebring anderkant die Jordaan-rivier.