5 Gideon het toe die manne laat afgaan na die water, en die Here het vir hom gesê: “Party manne sal water skep met hulle hande soos ’n hond water oplek met sy tong. Jy moet hulle apart laat staan, nie by die ander manne wat kniel om water te drink nie.”
6 Daar was 300 manne wat die water met hulle hande opgeskep het. Al die ander manne het gekniel om water te drink.
7 Die Here het vir Gideon gesê: “Ek sal julle red met hierdie 300 manne wat die water met hulle hande geskep het. Ek sal jou laat wen teen die Midianiete. Laat die ander manne teruggaan, elkeen na sy huis.”
8 Gideon het die ander manne laat teruggaan huis toe en hy het die 300 manne by hom laat bly. Hulle het die padkos en ramshorings by hulle gehou. Die kamp van die Midianiete was in die vallei, onderkant die kamp van Gideon.
9 Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Jy moet die Midianiete se kamp gaan aanval, Ek sal jou laat wen teen hulle.
10 Maar as jy bang is om hulle aan te val, dan moet jy en Pura, die seun wat by jou is, eers na die kamp gaan
11 en luister na wat hulle praat. Dan sal jy nie meer bang wees om hulle aan te val nie.”Gideon en Pura het toe afgegaan tot by die kant van die kamp.