11 En nou, dogter, jy moenie bekommerd wees nie. Ek sal alles doen wat jy gevra het, want almal in my stad weet dat jy ’n goeie vrou is.
12 Dit is waar dat ek ’n losser is, maar daar is ’n ander man wat nader familie is en wat ook ’n losser is.
13 Bly vannag hier, en as hy môre sê hy sal vir jou sorg, dan is dit goed. Maar as hy dit nie wil doen nie, dan sal ek dit doen. Ek belowe dit en die Here is die getuie. Slaap nou tot môre.”
14 Rut het by Boas se voete gelê tot die volgende oggend, maar sy het opgestaan toe dit nog donker was, want Boas het gesê niemand moet weet dat daar ’n vrou na die dorsvloer gekom het nie.
15 Boas het gesê sy moet die doek bring wat om haar lyf is, en sy moet dit vashou. Sy het dit gedoen, en hy het ses kruike vol gars op die doek gegooi en dit op haar skouers getel. Sy het na die stad gegaan,
16 en toe sy by haar skoonma kom, vra Naomi vir haar: “My dogter, hoe het dit gegaan?”Rut het vir haar alles vertel wat Boas vir haar gedoen het
17 en sy het gesê: “Hierdie ses kruike gars het hy vir my gegee en hy het gesê ek mag nie by my skoonma kom en niks vir haar saambring nie.”