14 Rut het by Boas se voete gelê tot die volgende oggend, maar sy het opgestaan toe dit nog donker was, want Boas het gesê niemand moet weet dat daar ’n vrou na die dorsvloer gekom het nie.
15 Boas het gesê sy moet die doek bring wat om haar lyf is, en sy moet dit vashou. Sy het dit gedoen, en hy het ses kruike vol gars op die doek gegooi en dit op haar skouers getel. Sy het na die stad gegaan,
16 en toe sy by haar skoonma kom, vra Naomi vir haar: “My dogter, hoe het dit gegaan?”Rut het vir haar alles vertel wat Boas vir haar gedoen het
17 en sy het gesê: “Hierdie ses kruike gars het hy vir my gegee en hy het gesê ek mag nie by my skoonma kom en niks vir haar saambring nie.”
18 Naomi het gesê: “Nou moet jy wag totdat jy weet wat gebeur. Die man sal nie ophou voordat hy vandag gedoen het wat hy gesê het nie.”