5 Rut het vir Naomi gesê: “Ek sal alles doen wat jy sê.”
6 Rut het na die dorsvloer gegaan en sy het alles gedoen wat haar skoonma gesê het.
7 Boas het lekker geëet en gedrink en hy het gelukkig gevoel. Hy het gaan lê en slaap langs die hoop gars. Rut het saggies gekom en sy kombers opgetel en by sy voete gaan lê.
8 Toe Boas in die middel van die nag wakker word, het hy gesien daar lê ’n vrou by sy voete.
9 Hy het gevra: “Wie is jy?”Rut het gesê: “Ek is Rut, en jy moet vir my sorg, want jy is ’n losser.”
10 Boas sê toe: “Dogter, die Here sal jou seën. Jy het by jou skoonma gebly, en nou wil jy ook in die familie bly. Jy kon ’n jongman gekies het, ’n arm of ’n ryk jongman, maar jy het dit nie gedoen nie.
11 En nou, dogter, jy moenie bekommerd wees nie. Ek sal alles doen wat jy gevra het, want almal in my stad weet dat jy ’n goeie vrou is.