7 Boas het lekker geëet en gedrink en hy het gelukkig gevoel. Hy het gaan lê en slaap langs die hoop gars. Rut het saggies gekom en sy kombers opgetel en by sy voete gaan lê.
8 Toe Boas in die middel van die nag wakker word, het hy gesien daar lê ’n vrou by sy voete.
9 Hy het gevra: “Wie is jy?”Rut het gesê: “Ek is Rut, en jy moet vir my sorg, want jy is ’n losser.”
10 Boas sê toe: “Dogter, die Here sal jou seën. Jy het by jou skoonma gebly, en nou wil jy ook in die familie bly. Jy kon ’n jongman gekies het, ’n arm of ’n ryk jongman, maar jy het dit nie gedoen nie.
11 En nou, dogter, jy moenie bekommerd wees nie. Ek sal alles doen wat jy gevra het, want almal in my stad weet dat jy ’n goeie vrou is.
12 Dit is waar dat ek ’n losser is, maar daar is ’n ander man wat nader familie is en wat ook ’n losser is.
13 Bly vannag hier, en as hy môre sê hy sal vir jou sorg, dan is dit goed. Maar as hy dit nie wil doen nie, dan sal ek dit doen. Ek belowe dit en die Here is die getuie. Slaap nou tot môre.”