9 Ek het toe gesê: “Ek sal julle nie oppas nie. Dit maak nie saak nie: Die skape wat wil vrek, moet vrek, en die skape wat wil verdwaal, moet verdwaal. As daar skape oorbly, dan kan hulle mekaar opvreet.”
10 Ek neem toe my een kierie, Vriendelikheid, en ek breek dit. Die Here het gesê Hy sal sy verbond ook so breek, die verbond wat Hy met al die volke gemaak het.
11 Die verbond het daardie dag gestop. Die mense wat die skape koop en verkoop, het gesien wat ek doen, en hulle het geweet die Here praat met hulle.
12 Ek het vir hulle gesê: “Julle moet my betaal, maar as julle nie wil betaal nie, los dit.”Hulle het my toe 30 stukke silwer gegee.
13 Hulle het gedink dit is hoeveel ek moet kry. Die Here het toe vir my gesê: “Gooi die silwer vir die man wat dit kan smelt.”Ek het die 30 stukke silwer geneem en ek het dit in die tempel vir die man gegooi wat silwer smelt.
14 Daarna het ek my ander kierie, Saamwees, gebreek om te wys dat die mense van Juda en Israel nie meer saam sal wees nie.
15 Die Here het toe vir my gesê: “Jy moet weer vir jou kieries neem om skape op te pas, maar jy moet dit nou doen soos ’n skaapwagter wat nie weet hoe om skape op te pas nie.