6 En as iemand vir hom vra: ‘Hoekom het jy stukkende plekke op jou bors?’ dan sal hy sê: ‘Iemand het my so geslaan toe ek by vriende gekuier het.’ ”
7 Die Here wat oor alles regeer, sê: “Swaard, jy moet kom, jy moet die skaapwagter doodsteek wat naby My is. Jy moet die skaapwagter doodsteek, dan sal die skape weghardloop van mekaar. Dan sal Ek die lammers ook doodmaak.
8 Die skape is my volk. Twee derdes van die mense in die hele land sal sterf, maar een derde van hulle sal oorbly.
9 En Ek sal hierdie een derde wat oorbly, skoonmaak soos ’n mens silwer en goud in vuur smelt en skoonmaak. Dan sal my volk tot My bid, en Ek sal luister na hulle gebed. Ek sal sê: ‘Hulle is my volk,’ en hulle sal sê: ‘Die Here is ons God.’ ”