1 Die dag van die Here is baie naby. Alles wat die ander volke gevat het uit Jerusalem, sal terugkom. Die mense in die stad sal besluit wat elkeen moet kry.
2 Die Here sal al die volke bymekaarmaak om oorlog te maak teen Jerusalem. Hulle sal die stad oorwin en hulle sal die goed uit die huise vat en die vroue verkrag. Hulle sal die helfte van die stad se mense vang en wegvat. Die ander helfte van die mense sal in die stad bly.
3 Maar dan sal die Here teen daardie volke oorlog maak soos Hy voorheen gedoen het.
4 Die Here sal daardie dag staan op die Olyf-berg wat oos van Jerusalem is, en die Olyf-berg sal oopskeur. Een helfte van die berg sal beweeg na die noorde toe en die ander helfte sal beweeg na die suide toe. Dan sal daar ’n groot kloof wees, van oos na wes.