1 Die Here het weer vir my iets gewys. Ek het ’n man gesien, en in sy hand was ’n tou om die stad Jerusalem te meet.
2 Ek het vir hom gevra: “Waarnatoe gaan jy?”En hy het vir my gesê: “Ek gaan Jerusalem meet, ek wil sien hoe lank en hoe breed die stad is.”
3 Die engel wat vir my moes sê wat alles beteken, het weggegaan. Maar ’n ander engel het na hom toe gegaan en vir hom gesê:
4 “Hardloop terug en gaan sê vir daardie jongman, Sagaria: Jerusalem sal nie mure hê nie, want daar sal te veel mense en diere in die stad wees.