10 Die Here sê: “Mense van Jerusalem, julle moet juig en bly wees, want Ek kom nou, en Ek sal tussen julle woon.
11 Daardie dag sal mense van baie volke na My toe kom. Hulle sal ook my volk wees, en Ek sal in Jerusalem woon.”Julle sal weet dat die Here my gestuur het om dit te sê, die Here wat oor alles regeer.
12 Die mense van Juda behoort aan die Here, en hulle sal weer sy volk wees in die gewyde land. Die Here sal weer sê Jerusalem is sy stad.
13 Al die mense moet stil wees voor die Here, want Hy kom uit sy gewyde woonplek.