11 Ek, Sagaria, het weer vir die engel gevra: “Wat beteken die twee olyfbome wat links en regs van die lampstaander is?”
12 Ek het ook vir hom gevra: “Wat beteken die olyftakkies? Hulle is vas aan die twee goue pypies waaruit die olyf-olie vloei.”
13 Die engel het vir my gevra: “Weet jy nie wat dit beteken nie?”Ek het gesê: “Nee, Meneer.”
14 En toe sê die engel: “Dit is die twee manne, die Here het hulle met olyf-olie gesalf, en hulle werk vir die Here, die Here van die hele aarde.”