4 Ek het toe vir die engel gevra: “Meneer, wat beteken dit?”
5 En die engel het vir my gevra: “Weet jy nie wat dit beteken nie?”Ek het gesê: “Nee, Meneer.”
6 Die engel het vir my gesê: “Sê vir Serubbabel die Here het gesê: Jy moet doen wat Ek vir jou sê om te doen. Maar jy sal dit nie doen omdat jy sterk is nie, jy sal dit doen omdat my Gees by jou is.
7 Jy sal die groot berg voor jou plat maak en jy sal die tempel bou. En wanneer jy die laaste klip op sy plek sit, dan sal die mense hard sê: ‘Die Here is goed vir ons in Jerusalem.’ ”
8 Die Here het vir my gesê:
9 “Serubbabel se hande het hierdie tempel begin bou, en sy hande sal dit klaarmaak.”Daardie dag wanneer die tempel klaar is, sal julle weet dat dit die Here is wat my na julle toe gestuur het, die Here wat oor alles regeer.
10 Julle moenie dink dit is nie belangrik dat Serubbabel begin het om die tempel te bou nie. Almal sal bly wees wanneer hulle sien hy begin die tempel bou.Daardie sewe oë in die klip voor Jesua is die oë van die Here wat oor die hele aarde kyk.